Gevallestudie: Gideon Oorkom Lees- en Leerprobleme

“Gideon het in 2010 met Graad 1 begin en het ‘redelik’ gedoen tot die derde en vierde kwartaal,” vertel Gertrud, sy ma. “Sy klasonderwyseres het gesê sy is bekommerd oor sy skolastiese vordering. Gideon het hoofsaaklik 1’s en 2’s op sy skoolrapport gehad. Die kans was baie goed dat hy Graad 1 sou druip.”

Prestasievlak:

1

2

3

4
Prestasiebeskrywing:

Vereis aandag

Gedeeltelik bemeester

Bemeester

Uitstekend bemeester

 

Gideon se skoolrapport vóór hy by Edublox begin het:
 

“Weens die positiewe ondervinding met my ouer seun het ek dadelik na Edublox toe gehardloop met my krisis,” vertel Getrud.

Essi-leestoets

Op 27 September 2010 word Gideon getoets met die Essi-leestoets, op ‘n Graad 1, derde kwartaal-vlak.

Van kinders wat die toets doen behaal

4% ‘n stanege van 1 (BAIE SWAK)
19% ‘n stanege van 2 of 3 (SWAK)
54% ‘n stanege van 4, 5 of 6 (GEMIDDELD)
19% ‘n stanege van 7 of 8 (GOED) en
4% ‘n stanege van 9 (BAIE GOED)

Gideon behaal ‘n stanege van 1 (BAIE SWAK).

Essi-speltoets

Gideon word ook getoets met die Essi-speltoets, op ‘n Graad 1, derde kwartaal-vlak en behaal ‘n stanege van 2 (SWAK).

Oorsaak

Die oorsaak van Gideon se lees- en spelprobleme was voor die hand liggend: die grondvaardighede van lees en spel was nog nie geoutomatiseer nie. Hy het veral ‘n probleem met rigtingsin gehad: b word geskryf as p, byvoorbeeld bos as posblink as pink, en bid as pit. Hy was ook baie onseker oor die letterklanke.

Aanbeveling

Daar is aanbeveel dat Gideon vir twee weke uit die skool gehou word en ‘n intensiewe een-op-een kursus by Edublox doen (die kursus strek oor 10 dae, elke dag vanaf 08h00 tot 13h30).

Resultate

“Ek kan nie in woorde sê wat dit vir Gideon gedoen het nie,” vertel Gertrud. “Sy klasonderwyseres en almal betrokke in sy lewe was verbaas oor sy vordering in slegs twee weke.”

Gideon het Graad 1 geslaag en voortgegaan om een Edublox-klas per week by te woon. Hier is sy Graad 2, eerste kwartaal rapport:

 

Graad 2, eerste kwartaal rapport
 

Gideon se Graad 2, vierde kwartaal rapport:

 

Gideon se skoolrapport een jaar later:
 

Ses maande later, in Junie 2012, is Gideon se probleme iets van die verlede en word die Edublox-klasse gestaak.

Gevallestudie

Skip to toolbar