Op 17 April 2014 word Mauritz by Edublox geëvalueer. Mauritz is ‘n Graad 6-leerder in ‘n hoofstroomskool en sy eerste kwartaal-rapport het niks goed voorspel nie. Hy het Afrikaans Huistaal, Natuurwetenskappe en Tegnologie, en Sosial Wetenskappe gedruip. Sy gemiddeld was 51.76%:
Mauritz se Afrikaans onderwyseres doen as volg verslag…
Mondeling: Mauritz het nie sy mondelinge toespraak gedoen nie. Hy het verskeie geleenthede gehad, sowel as om dit tydens ‘n pouse alleen te kom doen. Hy het egter geweier.
Taalstrukture: Mauritz het die meeste taalbegrippe onder die knie, dis net soms by die toepassing van spelreëls dat hy vasbrand.
Boekverslag: Sy boekverslag was goed en volledig.
Lees: Voorbereide hardop lees was goed.
Luister: Dit wil voorkom asof Mauritz konsentrasie verloor tydens ouditiewe aktiwiteite. Hy kom soms nogal droomverlore en apaties voor. Hy hou ook nie baie daarvan om deel te neem aan klasaktiwiteite nie.
Leesbegrip: Leesvaardigheid en leesbegrip korreleer nie. Mauritz laat baie maklik ‘n antwoord uit. Hierdie gedigte was spesifiek vooraf mondeling met die leerders behandel wat weereens daarop dui dat sy luistervaardighede nie heeltemal op standaard is nie. Basiese begrippe m.b.t. digkuns was nie bemeester nie.
Aanbevelings: Mauritz moet net konsekwent alle aktiwiteite inhandig. Hy moet sy luistervaardighede verbeter.
Mauritz se Natuurwetenskappe-onderwyseres skryf…
Kwartaalpunt: 34.41%
Kwartaaltoets: 63%
Gevallestudie: 12.5%
Hersiening: 55%
Ontleding: 7.14%
Mauritz is ‘n baie skaam, teruggetrokke kind. Hy neem nie regtig deel aan klasgesprekke of groepsaktiwiteite nie. Mauritz doen sy klaswerk, indien ek hom vra of hy verstaan antwoord hy altyd JA. As ek dan na die werk kyk, is dit voltooi, maar nie met begrip nie. Mauritz se huiswerk is nooit voltooi nie. Mauritz doen redelik goed in sy voorbereide assesserings soos sy kwartaaltoets en hersieningsaktiwiteit. Met sy deurlopende assesserings wat die meeste van die kwartaalpunt tel doen hy nie so goed nie. Dit is daar waar hy sy punte verloor. Dit kom voor dat hy nie tydens klastyd fokus nie en wanneer die werk geassesseer word dat hy nie verstaan of dit kan toepas nie.
Aanbeveling: Mauritz moet meer fokus in klastyd. Hy moet verantwoordelikheid neem vir sy huiswerk en klaswerk. Iemand kan hom dalk help leer met ‘n spesifieke studiemetode.
Evaluasie by Edublox
Mauritz word getoets met die Essi-leestoets, op ‘n Graad 6, tweede kwartaal-vlak.
Van leerders wat die toets aflê behaal
4% ‘n stanege van 1 (BAIE SWAK)
19% ‘n stanege van 2 of 3 (SWAK)
54% ‘n stanege van 4, 5 of 6 (GEMIDDELD)
19% ‘n stanege van 7 of 8 (GOED) en
4% ‘n stanege van 9 (BAIE GOED)
Mauritz behaal ‘n stanege van 2 (SWAK). Hy verloor punte omdat hy die woorde eers klank of in lettergrepe verdeel, en dikwels lees hy dan steeds die woord verkeerd: belasting word byvoorbeeld gelees as belang.
Mauritz word ook getoets op ‘n Graad 4, tweede kwartaal-vlak. Hy behaal ‘n stanege van 4 (LAAG-GEMIDDELD).
Dit impliseer dat Mauritz se lees byna twee jaar agter sy graadvlak is.
Mauritz word ook getoets met die Essi-speltoets, op ‘n Graad 6, tweede kwartaal-vlak. Hy behaal ‘n stanege van 4 (LAAG-GEMIDDELD).
Oorsaak
Die oorsaak van Mauritz se swak skoolprestasie was voor die hand liggend: sy kognitiewe vaardighede, wat lees en leer begrond, was baie swak, en daarom was lees en leer opsigself ook ‘n probleem:
Vaardigheid getoets:
Vormwaarneming Visuele Geheue Ouditiewe Geheue Oogspan Logiese Denke |
Persentasie behaal:
100% 56% 58% 42% 22% |
SKAAL: 90%-100% — Baie goed/Ontwikkeling sal vaardigheidsvlak verder verhoog. 80%-89% — Goed/Ontwikkeling sal die vaardigheidsvlak verder verhoog. 70%-79% —Gemiddeld/Ontwikkeling word benodig. 0%-69% — Ondergemiddeld/Ontwikkeling is noodsaaklik. |
Aanbeveling
Daar word aanbeveel dat Mauritz twee Edublox-klasse per week bywoon. Dié klasse spreek die volgende aan:
- Konsentrasie: Gefokusde en volgehoue aandag.
- Perseptuele vaardighede: Visuele en ouditiewe voorgrond-agtergrond onderskeidingsvermoë; visuele en ouditiewe diskriminasie, sintese en analise; vorm-onderskeiding; ruimtelike verhoudings.
- Geheue: Visueel en ouditief, kort- en langtermyn, reeks- en werkende geheue.
- Logiese denke: Deduktiewe en induktiewe redenering.
- Lees, spel, woordeskat en begrip.
Resultate
Mauritz behaal ‘n gemiddeld van 63.06% op sy tweede kwartaal-rapport en ‘n gemiddeld van 72.81% op sy derde kwartaal-rapport:
Aan die einde van die vierde kwartaal word Mauritz weer geëvalueer. Die verbetering in sy kognitiewe vaardighede en lees is merkwaardig:
Vaardigheid getoets:
Vormwaarneming Visuele Geheue Ouditiewe Geheue Oogspan Logiese Denke |
Persentasie behaal:
100% (vorige evaluasie = 100%) 100% (vorige evaluasie = 56%) 88% (vorige evaluasie = 58%) 79% (vorige evaluasie = 42%) 89% (vorige evaluasie = 22%) |
Op die Essi-leestoets, getoets op ‘n Graad 6, vierde kwartaal-vlak, behaal hy nou ‘n stanege van 6 (HOOG-GEMIDDELD). Met die eerste evaluasie het hy ‘n stanege van 2 behaal, wat SWAK is.
Op die Essi-speltoets, getoets op ‘n Graad 6, vierde kwartaal-vlak, behaal hy nou ‘n stanege van 6 (HOOG-GEMIDDELD). Met die eerste evaluasie het hy ‘n stanege van 4 behaal, wat LAAG-GEMIDDELD is.
Mauritz is ‘n skuilnaam.