Op 9 Julie 2012 word Tiaan by Edublox geëvalueer. Tiaan is ‘n Graad 3-leerder in ‘n skool wat spesialseer in aandagafleibaarheid en hiperaktiwiteitsindroom. Behalwe aandagafleibaarheid het Tiaan ook lees- en spelprobleme.
Essi-leestoets
Tiaan word getoets met die Essi-leestoets, op ‘n Graad 3, derde kwartaal-vlak.
Van leerders wat die toets aflê behaal
4% ‘n stanege van 1 (BAIE SWAK)
19% ‘n stanege van 2 of 3 (SWAK)
54% ‘n stanege van 4, 5 of 6 (GEMIDDELD)
19% ‘n stanege van 7 of 8 (GOED) en
4% ‘n stanege van 9 (BAIE GOED)
Tiaan behaal ‘n stanege van 1 (BAIE SWAK). Hy verloor punte omdat hy eers elke woord klank, en dikwels lees hy dan steeds die woord verkeerd: minuut word byvoorbeeld gelees as minuet.
Tiaan word ook getoets op ‘n Graad 2, derde kwartaal-vlak. Hy behaal ‘n stanege van 2 (SWAK).
Getoets op ‘n Graad 1, derde kwartaal-vlak behaal hy ‘n stanege van 6 (BO-GEMIDDELD).
Dit impliseer dat Tiaan se lees byna twee jaar agter sy graadvlak is.
Hardoplees
Tiaan se spoed met hardoplees is 56 woorde per minuut. Hy lees hakkelrig en klank byna elke woord.
Essi-speltoets
Tiaan word ook getoets met die Essi-speltoets, op ‘n Graad 3, derde kwartaal-vlak. Hy behaal ‘n stanege van 1 (BAIE SWAK).
Oorsaak
Die oorsaak van Tiaan se lees- en spelprobleme was voor die hand liggend: die grondvaardighede van lees was nog nie geoutomatiseer nie.
Tiaan het duidelik ‘n probleem met rigtingsin gehad. Vir ‘n kind wat probleme ondervind met rigtingsin, sal dit moeilik wees om die posisie van objekte ten opsigte van homself te bepaal, byvoorbeeld “regs van my”, “links van my”, “agter my”, “voor my”, ens. So ‘n kind sal dit moeilik vind om sekere pen-en-papier take, waarby die bepaling van rigting en posisie nodig is, korrek uit te voer, soos byvoorbeeld “skryf jou naam regs bo in die hoek”, “trek ‘n streep onder die woord ______”. Hy mag ook letters soos b en d met mekaar verwar, asook getalle soos 17 and 71, of sy sal dalk van regs na links in spieëlskrif skryf.
Al die ander grondvaardighede wat geëvalueer is, het baie laag getoets:
Vaardigheid getoets:
Vormwaarneming Visuele Geheue Ouditiewe Geheue Oogspan Logiese Denke |
Persentasie behaal:
44% 44% 17% 37% 22% |
SKAAL: 90%-100% — Baie goed/Ontwikkeling sal vaardigheidsvlak verder verhoog. 80%-89% — Goed/Ontwikkeling sal die vaardigheidsvlak verder verhoog. 70%-79% —Gemiddeld/Ontwikkeling word benodig. 0%-69% — Ondergemiddeld/Ontwikkeling is noodsaaklik. |
Aanbeveling
Daar word aanbeveel dat Tiaan vir twee weke uit die skool gehou word en ‘n intensiewe een-op-een kursus by Edublox doen (die kursus strek oor 10 dae, elke dag vanaf 08h00 tot 13h30). Daarna moet hy voortgaan met een of twee Edublox-klasse per week.
Resultate
Aan die einde van die 10 dae-kursus word Tiaan se lees geherevalueer. Die verbetering in sy lees is merkwaardig:
Op die Essi-leestoets, getoets op ‘n Graad 1, derde kwartaal-vlak, behaal hy nou ‘n stanege van 9 (BAIE GOED). Met die eerste evaluasie het hy ‘n stanege van 6 behaal, wat BO-GEMIDDELD is.
Tiaan word weer getoets op ‘n Graad 2, derde kwartaal-vlak. Hy behaal nou ‘n stanege van 6 (BO-GEMIDDELD). Met die eerste evaluasie het hy ‘n stanege van 2 behaal, wat SWAK is.
Getoets op ‘n Graad 3, derde kwartaal-vlak, behaal hy nou ‘n stanege van 5 (GEMIDDELD). Met die eerste evaluasie het hy ‘n stanege van 1 behaal, wat BAIE SWAK is.
Volgens die Essi-leestoets is Tiaan se lees binne 10 dae op peil gebring.
Dit word aanbeveel dat Tiaan voortgaan om een Edublox-klas per week by te woon.
Dis belangrik om te weet dat Tiaan se vordering tydens die 10 dae een-op-een kursus uitsonderlik was. Tien dae is selde genoeg om ‘n leesagterstand van twee jaar, soos gemeet op die Essi-leestoets, uit te wis. Die Essi-leestoets meet ‘n leerder se sigwoordeskat, dit is sy vermoë om woorde vinnig (outomaties) te herken. Daar word van die leeder verwag om een woord per sekonde te lees sonder om van ontledingstegnieke gebruik te maak. |