Jaco is in Graad 1 op sy juffrou se verwysing na ‘n Arbeidsterapeut en ook ‘n Neurologiese Pediater geneem. Hy is gediagnoseer met ADHD en gebruik sedertdien Ritalin. Ongeag sy arbeidsterapie en ook ekstra leesklasse het hy nie gevorder soos hy moes nie. Begin Gr 5 (2013) het dit duidelik geword dat hoofstroom nie vir hom gaan werk as daar nie dringend ingegryp word nie. ‘n Ander mamma by die skool het my vertel van Edublox en wat die verskil in haar seun was. Jaco is getoets en het 2/9 op die Essi toets gekry. Ons het hom 10 dae uit die skool gehaal (Maart 2013) vir intensiewe Edublox 1-op-1 klasse en van daar af 1 x per week.
Daar was amper dadelik na die 10 dae ‘n sigbare verbetering: ‘n simpel ding soos ‘n 5 syfer kode by ‘n hek intik: voor Edublox moes ek syfer vir syfer aan hom lees sodat hy dit kon intik. En dan was dit in elk geval nog baie keer verkeerd. Nou kan hy die 5 syfers onthou, intik en selfs onthou tot by die tweede hek.
Sy lees en begrip het baie verbeter. Hy lees nou die opskrifte op lamppale in die verbygaan. Hy lees advertensieborde, waar hy voorheen nooit probeer het nie, bloot omdat dit vir hom moeilik was.
Sy geheue het verbeter. Vroeër het hy al 5 punte onthou maar elke keer die volgorde omgedop. Nou sien ek al meer dat hy ook die volgorde reg het.
Die tyd wat dit elke middag gevat het om huiswerk klaar te kry, het dramaties verminder. Dit het uit die aard van die saak die ingesteldheid teenoor huiswerk verbeter.
Ek dink die grootste positief van Edublox — waaraan al die ander positiewes hang — is die feit dat sy selfbeeld ten opsigte van skoolwerk verbeter het. Hy kan self sien dat sy punte verbeter, dat hy goed makliker onthou, dat sy huiswerk tyd korter word.
Die laaste Essi toets wat gedoen is, toon dat hy van ‘n 2 na ‘n 4 opgegaan het. Jaco sal dus nog ‘n geruime tyd aanhou met Edublox totdat hy heeltemal onafhanklik is ten opsigte van die leeshulp by die skool. Sy leesspoed en begrip moet nog verbeter en dalk sal dit selfs ‘n liefde vir lees kweek!
Aangeheg is al die vorderingsverslae van Graad 5, 2103. Dit is duidelik dat iets êrens gewerk het en ek bedank Edublox daarvoor.
Hettie Venter