Gemiddeld Met Meer as 15% Gestyg

Slabbert
Leoné

Ek het my kind by Edublox ingeskryf omdat ek ondervind het dat daar sekere leemtes in haar lees en leerwerk was. Ek is ook ‘n baie betrokke ouer in my kinders se lewens en daarom sal ek enige iets doen om seker te maak dat hulle die beste onderrig kry wat nodig is vir hulle om hulle volle potensiaal te bereik.

Die hoofpunte wat vir my uitgestaan het was:

  • Dat sy stadig gelees het.
  • Sy het probleme met spelling van woorde ondervind.
  • Sy het ook nie ‘n mooi handskrif gehad nie.

Daarom het ek besluit om haar op 28 Januarie 2012 te laat evalueer. Ek het haar na die evaluasie ingeskryf vir die groepklasse, een keer per week. Verder het sy toe ook die studiemetodekursus bygewoon.

Haar vordering:

  • Die resultate was ooglopend gewees en ook sigbaar op haar rapport. Selfs met al haar aktiwiteite het haar gemiddeld bly styg.
  • Haar konsentrasie het baie verbeter, nie net met haar skoolwerk nie, maar ook met haar sport.
  • Dit het haar nie so lank gevat om iets te begryp nie.
  • Haar handskrif het verbeter.
  • Sy ruil nie meer b’s en d’s om nie.

Ons doelwit huidiglik is om nog te werk aan die volgende aspekte:

  • Haar langtermyn-geheue
  • Konsentrasie.

Linda Slabbert
Phalaborwa


Mev Breytenbach, Leoné se onderwyseres, skryf:

Leoné het deur die jaar so gevorder dat sy aan die einde van die jaar die toekenning gekry het vir die beste vordering. Die beste vordering word gegee aan ‘n leerder wat reg deur die jaar in al sy/haar vakke verbeter het. Leoné se gemiddeld het met meer as 15% gestyg vanaf die eerste kwartaal. Dit wil gedoen wees!

Mev Breytenbach Leoné se onderwyseres

Skip to toolbar