From: Kloppers, Denise [mailto:dkloppers@…]
Sent: 27 July 2012 01:03 PM
To: monique@edublox.com
Subject: RE: Edublox Invoice
Hi daar Monique,
Ek wil graag vir jou die terugvoer gee wat ek met die oueraand vanaf sy juffrou gekry het. Sy is baie beindruk met sy vordering en sê hy het meer selfvertroue in die klas, hy werk heelwat vinniger en sy kan duidelik sien dat daar ‘n verbetering in sy werkies is. Sy het ook gesê wat ookal ons doen, werk en dat ons daarmee moet aanhou. Ek is regtig in ekstase oor hierdie wonderlike nuus!
Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om vir jou en die spannetjie by Edublox baie baie baie dankie te sê vir die wonderlike werk wat jul met die kindertjies doen! Julle is ‘n ware blessing in my en Keagan se lewens. As dit nou al so goed gaan kan dit van hier af net nog beter gaan! Ek is jou ewig dankbaar vir dit wat jy al met Keagan uitgerig het. Die padjie vorentoe lyk sommer vir my baie meer positief. Weereens dankie vir al die harde werk!
Vriendelike groete en ‘n geseënde daggie verder.
Denise Kloppers
From: Kloppers, Denise [mailto:dkloppers@…]
Sent: 16 October 2012 04:04 PM
To: monique@edublox.com
Subject: RE: Edublox
Hi daar Monique,
Ek kan regtig met ‘n lied in my hart vir jou sê dat dit elke kwartaal net beter raak. Vir die eerste keer hierdie jaar het ek nie nodig gehad om die oueraand by te woon waar meeste van die tyd net “slegte” of negatiewe terugvoer van die onderwyser gekry is. Ek kan inderdaad sien hoe Keagan elke kwartaal meer vordering maak. Hou aan met die wonderlike werk wat jy met die kindertjies doen. Julle is awesome.
Vriendelike groete
Denise Kloppers