Geen Meer Omkerings, Spelling Beter en Lees Makliker

feedbackEk het beide Adriaan en Tommie ingeskryf by Edublox omdat ek uit moedeloosheid nie meer geweet het waarheen nie. Beide my seuns se onderwyseresse het bly sê hulle lees vorder nie. Van spelling wil ek nie eers van praat nie. Om die spelling in hulle koppe te kry op ‘n Donderdag was ‘n beproewing en as die toetse huis toe kom dan het hulle 9 uit 20. Dis asof letters en woorde nie sin gemaak het nie.

Beide was 2 jaar by ‘n ander leessentrum en steeds was daar geen vordering nie. Ons het oë laat toets, maar niks verkeerd gevind nie.

My ma het aanbeveel dat ek my tannie bel. Sy het 3 kinders wat so gesukkel het en hulle het jare gelede (seker 15-20 jaar gelede) die ou Edublox program gebruik en uitstekende resultate behaal. Dis toe dat ek die Internet nagaan en gebel het. Ek is nie een oomblik spyt nie.

Beide het na ‘n maand geen omkerings meer gehad nie. Beide se spelling het van maand 2 al begin verbeter. Die lees was makliker en selfs die onderwyseresse het dit opgemerk.

Tommie het voor hy met Edublox begin het baie onsamehangend geskryf. Sy sinne was onvoltooid en mens kon nie uitmaak wat hy nou eintlik wou skryf nie. Nou is sy sinne beter geformuleer. Selfs die skrif van beide het verbeter. Tommie kon die laaste kwartaal al sy vraestelle voltooi en het sonder hulp gestudeer.

Adriaan se lees is baie beter en vinniger. Sy selfvertroue met lees het so verbeter!!

Beide se lees kan steeds verbeter. Tommie sukkel nog baie met Engels, alhoewel dit ook verbeter het.

Wat vir my die lekkerste is, is dat my kinders met soveel entoesiasme sentrum toe kom. Ek hoef nooit na lang gesigte en stories te luister nie. Hulle geniet dit baie!!!!

Baie dankie vir wat julle doen! Julle is sterre.

Marlien Riley


Voorbeelde van Adriaan se skoolwerk: (1.) voordat hy einde Mei 2010 by Edublox aangesluit het, (2.) in September 2010 en (3.) einde 2010. Klik hier.
.
Adriaan se vorderingsverslae, 1ste en 4de kwartaal 2010: Klik hier.
.
Voorbeelde van Tommie se speltoetse: (1.) voordat hy einde Mei 2010 by Edublox aangesluit het en (2.) in Augustus 2010: Klik hier.

Marlien Riley Tommie en Adriaan se moeder

Skip to toolbar