Duidelike Verskil in Punte

JP

Ek het JP ingeskryf by Edublox omdat hy nie baie goed gespel het nie en gesukkel het om te lees, veral om ‘n storie klaar te lees. Daar was ook baie omkering van woorde en verkeerde uitspreek van woorde.

Hy kon feitlik glad nie Engels lees nie.

JP skryf oor die algemeen nie baie netjies nie, en sy skrif is moeilik om te lees.

Na ‘n paar sessies by Edublox het JP baie beter begin lees en skryf. Hy verstaan sy werk beter in die klas, omdat hy nou minder geneig is om werk verkeerd van die bord af te skryf. Sy konsentrasie het ook baie verbeter.

JP bring nou selfs boeke van die skool af om te lees, wat hy voorheen nooit sou gedoen het nie. Vandat hy dit doen lees hy ook vinniger.

Hy lees al baie beter Engels en sy spelling het baie verbeter. Hy het beslis meer selfvertroue begin ontwikkel en ek glo hy is al meer kompeterend in sy klas.

Voordat JP by Edublox begin het, het hy baie gesukkel om opsommings van sy werk self te doen. Hy het hierdie kwartaal meestal die opsommings self behartig vir die eksamen, en ek kon duidelik in sy punte sien dat hy verbetering getoon het in die vakke wat hy self opgesom het. Ek glo dis als te danke aan die hulp van Edublox wat sy vermoëns verder ontwikkel het.

JP het van skole verander dus sal dit moeilik wees om sy punte te vergelyk oor twee kwartale; hy presteer tans op die graad gemiddeld.

Ek glo met al die hulp en bystand van Edublox en die werk wat hulle hom geleer het, sal hy beslis in die nuwe jaar kan fokus om bo graad gemiddeld te presteer.

Ek gebruik graag die geleentheid om Edublox te bedank vir hul groot bydrae wat hulle in ons lewens gemaak het en dat die ondervinding blywend sal wees jare vorentoe. Ek beveel enige persoon aan om van hul dienste te gebruik.

Groete
Ronelle Purchase

Ronelle Purchase JP se moeder

Skip to toolbar