Doen Onafhanklik Huiswerk, Voer Opdragte Uit, Lees Nou Hardop

tcf
Tristan

From: Elaine Coetzee [mailto:Elaine.Coetzee@v…a]
Sent: 23 July 2012 01:15 PM
To: monique@edublox.com
Subject: Spog Boks

Hallo Monique,

Aangehegte rapport is vir Graad 2 kwartaal 1 en kwartaal 2.

Ek wil net graag Tristan se rapport met julle deel want WOW hy’t baie goed gevorder.

Om te dink vroeer hierdie jaar was ek raadop en vandag kan ek met trane van vreugde en groot blydskap aanmeld dat daar groot vordering plaasgevind het.

Gedurende graad 00 (2009) en graad 0 (2010) het ek ondervind Tristan hou nie van skryf en inkleur nie en het toe in Mei 2010 besluit om hom na ‘n arbeidsterapeut te neem vir ‘n volledige evaluasie. Daar is toe lae spiertonis by hom waargeneem en die arbeidsterapeut het aanbeveel dat hy vir arbeidsterapie gaan. Hy neem ook deel aan ‘n paar ander buitemuurse aktiwiteite en geniet elke oomblik daarvan. Hy het met arbeidsterapie klaar gemaak einde Maart 2012 maar woon nog steeds getrou sy ander aktiwiteite by, insluitende Edublox wat hy sedert die begin van Januarie 2012 bywoon.

Aanvanklik het Tristan baie stadig gewerk, kon nie afhanklik sit en huiswerk doen nie en het lank geneem om opdragte te voltooi. Hy is gaande oor lees maar was baie skaam om self te lees. Tristan het al so mooi gevorder dat hy onafhanklik kan sit en huiswerk doen met hulp hier en daar. Hy voer opdragte makliker uit en lees nou met graagte hardop.

Tristan is in die algemeen ‘n pragtige seuntjie wat gou vriende maak en gewild is onder sy maats. Hy is baie goed tweetalig en hou daarvan om in Engels te kan gesels. Sou jy hom vra om tussen ‘n Afrikaanse en Engelse storieboek te kies, is die kans groot dat hy Engels sal kies. Hy geniet somme baie, speel graag kaart, bordspeeltjies en is spesifiek baie lief vir Monopoly.

Aan die Edublox Span, Helderkruin: Dankie dat julle so mooi na ons kinders omsien en weet dat julle aan elkeen van hulle elke dag ‘n verskil maak ongeag van hoe groot of klein. Dankie dat julle in ons kinders glo!!

Groete
Elaine


tc-report

Elaine Coetzee Tristan se moeder

Skip to toolbar