From: Hole in one Guest House [mailto:info@ho….]
Sent: 31 August 2012 08:32 AM
To: monique@edublox.com
Subject: RP SE VORDERING.
Hallo Monique,
RP het die afgelope drie maande sessies by Edublox West-Rand bygewoon. RP hou nie van leer nie, en skool gaan net oor sport! En soos met enige Graad 4 seuntjie is speeltyd naas eet die belangrikste.
Graad 3, laas jaar, was baie maklik en hy het uitstekend presteer alhoewel hy in die middel van die jaar van een provinsie na ‘n ander moes verhuis.
Soos jy self weet is Graad 4 aan die ander kant HORRIFIC! Met die gevolg dat die prestasie waaraan hy gewoond was, iets van die verlede was en sy selfvertroue het ‘n groot knak gekry.
Toe RP begin het by Edublox so 3 maande terug, moet ek jou se ek was redelik skepties. Hy het ‘n kursus in studiemetodes bygewoon gedurende die vakansie en daarna het ek ruimte gegee dat hy dit self begin toepas (met ruimte bedoel ek, ek het hom kort-kort herinner).
Soos jy weet woon hy steeds sy sessies by. Na drie maande van mamma se geduld, doen hy sy eie opsommings. Hy beplan self wanneer hy gaan leer tussendeur sportoefening en wedstryde.
En dan die kersie op die koek — kom die een toets na die ander terug — 80%, 72%, 76%! Ek is so trots op hom want dit is alles sy eie harde werk.
Ek wil jou opreg bedank vir die selfvertoue wat jy my kind teruggegee het. Dit is wonderlik om te sien hoe dissipline en selfvertroue hand-aan-hand loop.
Edublox Wes-Rand en Juffrou Monique sal ek enige tyd aanbeveel! Absoluut uitstekend!
Groete
Rina Erasmus