fbpx

Danksy Edublox Witbank Is Skool Nie Meer ‘n Nagmerrie Nie!

Zuan

Gedurende Augustus 2016 het ons baie gesukkel met Zuan se skoolwerk. Dit was slordig en sy juffrou het vir ons gesê dat hy nie graad 4 gaan slaag nie. Zuan het baie gesukkel met konsentrasie en stadig gewerk. Sy skrif was ook van so aard dat die juffrou dit nie kon lees nie.

Ek het op Edublox Witbank se Facebook-blad afgekom en ons het hom gevat vir ‘n assessering. Na die terugvoer het ons besluit om hom by Edublox in te skryf vir ‘n jaar.

Na ‘n paar maande by Edublox kon ons ‘n verskil sien in Zuan se werk. Hy het aansienlik mooier geskryf. Huiswerk is nie meer die nagmerrie wat dit was nie en hy voltooi dit nou baie vinniger as voorheen. Sy boeke is ook  baie netjieser en is nie meer vol rooi merke omdat sy werk nie in die klas voltooi is nie.

Groot was ons verligting toe hy sy graad 4-rapport kry in Desember 2016 en bevorder word na graad 5. Zuan se lees en spel het ook so verbeter dat hy nou volpunte kry vir spelling terwyl sy lees met 11 woorde per minuut verbeter het in die kort tydjie. Hy is baie meer positief oor skool!

Ons is baie dankbaar dat ons Zuan by Edublox Witbank ingeskryf het. Dankie aan die Edublox span in Witbank vir al julle hulp!

Marina Viljoen


Voorbeelde van Zuan se skoolwerk vóór Edublox – onvoltooid!

Zuan slaag graad 4!

Zuan se skoolwerk in 2017!

Share Button

Marina Viljoen Zuan se moeder

Skip to toolbar