Daneël ‘n Wenner

ddt
Daneël

As ouer het ek besef my kind het professionele hulp nodig vir skolastiese progressie. Nie dat ek nog niemand genader het nie.

In Elarduspark het hy remediëring by die skoolsielkundige ontvang. Na ‘n paar maande het hy gesê Daneël het nie meer remediëring nodig nie.

Daarna het ons hom geskuif na ‘n Christenskool. Kleiner klasse, intensiewe aandag… Ongelukkig is die skool dubbelmedium. Graad 1-3 Afrikaans en Engels, van graad 4 af net Engels. Omdat sy Afrikaanse lees en spel nie eers naastenby bemeester was nie, sou die Engels net skolastiese en emosionele stremming op hom plaas.

In die tyd het ons na ‘n pediatriese neuroloog gegaan vir ‘n evaluasie. Die pediatriese neuroloog het gesê dat sy enigste probleem aandagafleibaarheid is. ADHD!!!!! Ritalin!!!! Als wat jy nie wil hoor nie.

Ons het die Ritalin probeer vir ‘n maand. Daneël het al die newe-effekte getoon. Ons het besluit dit is nie die moeite werd nie.

In die helfte van 2008 het ons hom geskuif na ‘n ander laerskool. Daar het hy remediëring ontvang, twee keer ‘n week. Een dag Wiskunde, een dag Taal. Ek is ingeroep. Hulle het ‘n ander skool aanbeveel wat spesialiseer in kinders wat aandagafleibaar is. (2009)

Diep in 2009 het ek besef ek mors my geld. Ek betaal baie geld en sien geen noemenswaardige verandering nie. Daneël se selfvertroue, entoesiasme en sterretjies in die oë het verdwyn. Hy was nie meer honger om te leer of gemotiveerd om sy bes te gee nie.

My kind sal nie deur die lewe gaan en soos ‘n “failure” voel nie.

‘n Vriendin en kollega het my vertel van Edublox. Sy het gesê ek sal ‘n drastiese verandering en verbetering in my kind sien.

Ek het ‘n bord gesien wat Edublox adverteer en met Susan gaan praat. Sy het ‘n oor gehad wat luister. Die kennis om aan my te verduidelik hoe Edublox werk. Die hart van ‘n ma, iemand wat werklik verstaan en regtig wil help. Iemand wat glo in wat sy doen en ‘n passie daarvoor het.

Met twyfel en hoop gemeng het Daneël begin.

Aan die begin wou hy nie gaan nie (vrees vir mislukking). Nou kan hy nie wag om te gaan nie, want hy voel elke keer soos ‘n wenner. Hy lees nou hardop sonder om skaam te wees. Sy selfdissipline het baie verbeter. Hy is meer gefokus en hy kan langer konsentreer. Ek sien ook ‘n verbetering in sy spelling.

Die belangrikste is die feit dat hy besig is om sy selfvertroue te herwin wat sy selfbeeld verbeter. In my opinie is Edublox beter as arbeidsterapie, remediëring ens. Ek sien baie beter resultate, en vordering.

Gertrud du Toit


Opvolg, 2010:

Daneël is in Januarie 2010 terug na ‘n gewone skool toe, waar dit baie goed met hom gaan.

Gertrud du Toit Daneël se moeder

Skip to toolbar