Teen die einde van 2013 was ons redelik raadop met Simoné se leesvermoë. Sy het ongelooflik stadig gelees, alles geklank en aan die einde van die leesstukkie nie geweet wat sy gelees het nie.
Ek het vir Simoné by Edublox ingeskryf nadat hulle haar geëvalueer het en al my vermoedens bevestig het. Sy het sommer 2014 begin met ‘n vakansiekursus en sy het dit vreeslik geniet en leersaam gevind.
Teen die 2e kwartaal het sy geskuif na ‘n ander skool en ek was bekommerd dat sy sou agterraak met die werk. Die teendeel is aan my bewys. Sy lees baie beter en klank nie meer. Sy het ook die boekprys by haar skool ontvang vir beste presteerder in Gr 2. Ek was uit die veld geslaan.
Sy sal aanbly by Edublox vir so lank as wat dit moontlik of nodig is. Sy kan steeds verbeter in haar lees.
Ek is dankbaar vir Susan en haar span. Julle is wonderlik.
Karin Maritz
22 Januarie 2015