Bo 80 Persent vir Meeste Vakke en in die 90 Persent vir Twee!

Feedback.3185717_stdFrom: Elmarike de Bruin [mailto:kindermusik@elmarike.com]
Sent: 23 April 2013 09:03 AM
To: monique@edublox.com
Subject: Chante Roome

Beste Monique

Graag wil ek jou diep uit my hart bedank vir die pad wat jy spesiaal en ook jou onderwysers met Chante gestap het. Toe ek verlede jaar instap by jou het my skouers gehang en was my mamma hart seer want ek het nie geweet hoe ek my dogtertjie moet help nie. Haar woordjies was “Ek kan nie Mamma”, “Ek is dom Mamma”.

Na jou assessering kon ek verstaan waar haar probleem le en ons het begin met die lesse. Dit was nie altyd vir haar lekker om die klasse by te woon nie, want sy sou graag eerder wou speel by die huis. Gelukkig was dit nie lank nie en sy het self begin agterkom hoe Edublox haar help om die werk in die klas te verstaan. Ek sal nooit vergeet toe sy na 9 maande by jou, een naweek net een boek begin optel het en begin lees het nie. Aan die einde van die naweek toe sit sy boek nr 11 neer!

Toe begin sy volpunte kry vir haar begripstoetse, eers Afrikaans en toe Engels. Haar woorde het verander na “Ek kan dit doen Mamma”, “Ek is eintlik slim Mamma”. Na drie jaar se trane afvee, kry sy toe ook keuring vir die Senior koor! Haar ore was nou goed ontwikkel om mooi te luister en sy het nou die ouditiewe geheue om die wysie te onthou!! Chante het begin blom! Op soveel meer areas in haar lewe as net skoolwerk.

Nou sit ons na ‘n jaar en ek is hartseer om te dink ons kan nie meer elke week by jou instap nie.

Ek is trots om te se Chante het bo 80% vir meeste van haar vakke en 2 in die 90%!!!! vir haar eerste rapport in Graad 4!!!

Ek kan nie genoeg dankie sê nie, ek as mamma kan nie altyd sien wat julle in die klas doen nie, maar ek kan die resultate in my kind se gemoed en rapport sien!

Ek gaan julle vreeslik mis!

Elmarike de Bruin
Maestro Kindermusik Therapist

Elmarike de Bruin Chante se moeder

Skip to toolbar