Baie dankie vir al julle hulp met ons seun, Ruan Schoombie, 10 jaar oud en ‘n leerder aan Lanternskool. Ruan het goed gevorder in Graad 1 tot Graad 3 en is getoets deur 3 terapeute van sy skool waar daar sekere probleemareas aan ons uitgewys is. Volgens die verslag vanaf die terapeute het Ruan ‘n agterstand gehad in sy lees en woordeskat en ook ‘n probleem gehad om dinge te onthou. Graad 4 is en was ‘n groot aanpassing omrede sy konsentrasie elke halfuur gebreek is deur die wisseling van klasse.
Aangesien Ruan vanaf Graad 1 tot Graad 3 gesukkel het om te lees het dit ‘n groot probleem geword met die skryf van sy eksamenvraestelle in Graad 4, aangesien ‘n kind vanaf Graad 1 tot Graad 3 moet leer om te lees en vanaf Graad 4 moet hy kan lees om te leer. Ruan se eerste kwartaal was moeilik vir hom aangesien hy nie altyd sy vraestelle betyds kon afhandel nie, omrede hy gesukkel het om te lees. Ons het verskillende programme aangeskaf en toegepas maar daar was geen vordering gewees nie. Moedeloos het ons vir ‘n antwoord begin soek in ‘n program wat sal werk vir ons kind en ons het gehoor van Edublox. Na al die positiewe terugvoer vanaf ouers wie se kinders die program volg het ons dadelik besluit om ‘n afspraak met Susan te maak. Susan het ons kind getoets en vir ons die probleem uitgewys waaraan ons sal moet werk. Ons het besluit om hom in te skryf en tot en met vandag is ons nie vir ‘n oomblik spyt dat ons die stap geneem het nie. Ruan toon goeie vordering en kan nie wag om Saterdae die klasse by te woon nie. Hy geniet die aandag en ons kan klaar vordering sien.
Daar is duidelik verbetering soos aangedui op sy aangehegde skoolrapport. Sy gemiddeld het met 5% gestyg van 56% tot 61% en die klasgemiddeld het gedaal met 3%, wat vir ons wys dat die program definitief werk. Hy is baie ywerig met sy skoolwerk en ook baie trots op homself dat hy so goed gedoen het.
Ruan het nog ‘n konsentrasieprobleem waaraan ons werk en hopelik gaan ons die probleem ook vinnig oplos. Ons gaan nog harder werk met die Edublox program want die resultate is duidelik sigbaar.
Ons sal vir enige kind en ouers Edublox aanbeveel aangesien dit ‘n program is wat goeie resultate lewer.
Weereens baie dankie aan Susan en haar personeel. Ons waardeer dit opreg.
Vriendelike groete,
Armand, Belinda en Ruan Schoombie