Geagte Susan en Dames by Edublox
RE: BAIE DANKIE VIR WONDERLIKE HULP
Ons wil net vir die dames by Edublox baie dankie se vir al die hulp en bystand wat ons deur die jaar van julle ontvang het.
Ons was baie bekommerd oor ons seun se ontwikkeling by die skool en die onderwysers het bly se dat hy nie gaan by bly nie. Hy het baie gesukkel om te lees en dit het al sy ander werk ook beïnvloed. Op sy laaste rapport aan die einde van sy Graad 2 jaar was sy lees maar ‘n twee en die res van sy punte het net so gelyk.
Hy het toe in Januarie by Edublox begin met twee klasse ‘n week en het dit ongelooflik baie geniet, hy het uitgesien na elke Dinsdag en Donderdag middag se klasse. Na die eerste kwartaal kon ons al die verbetering op sy rapport begin sien. Aan die begin van die tweede kwartaal het Susan ook gesê sy kan die verbetering sien en dat hy baie vinnig vorder.
Van die tweede kwartaal af het hy net een keer ‘n week Edublox toe gegaan. Sy derde kwartaal se rapport het gewys hoe goed dit met hom gaan. Sy punte is omtrent almal op na 4’s; hy kry nog ‘n 3 drie vir onvoorbereide lees maar dit het op ‘n 1 begin.
Ons is baie dankbaar vir alles wat julle vir ons en Rijk gedoen het. Dit was ‘n wonderlike jaar en sy vordering het duidelik op elke rapport gewys.
Baie dankie
Deleen en Jaco van Tonder