100% Verbetering in Vakke en Selfvertroue

Feedback.3185717_stdOns liewe hartsmense,

Soos ek hier sit het ek nie genoeg woorde om dankie te sê nie… Julle het Skye met soveel liefde en omgee ontvang en nie net Wiskunde en Edublox geleer nie, maar meer as wat boeke ooit kan sê. Julle het haar behandel soos julle eie en met elke oomblik wat daar kans was vir ‘n ekstra klas, het julle dit met tonne liefde gegee en oorweldigende opgewondenheid wat dit vir haar so spesiaal gemaak het dat sy net elke keer wou meer hê en met meer entoesiasme gedoen het.

Sy het met meer as 100% verbeter in al haar vakke — nie net haar kennis nie maar ook haar selfvertroue, waar sy alles met positiwiteit aanpak. Sy het ‘n geweldige voorsprong gekry en kennis opgedoen wat min die kans het om te kry en saam met hul te dra vir die pad vorentoe.

Daar is nie genoeg woorde om dankie te sê vir als wat julle vir haar gedoen en geleer het nie, en dat julle haar as individu laat groei het omdat jul haar so spesiaal behandel het — volgens haar persoonlikheid en die mensie wat sy is.

Met ‘n opregte hart sal dankie nooit genoeg wees vir alles wat elkeen van julle vir haar gedoen het nie. Elkeen van julle het ‘n massiewe impak op haar klein lewetjie gemaak en as mamma sal ek ewig dankbaar wees dat sy ‘n kans in die lewe gekry het om so iets te beleef.

Dankie vir al die drukkies en soentjies wat haar klein hartjie soveel beter laat voel het en haar weer krag gegee het vir ‘n ekstra laggie en ‘n sprankel in haar oog. Julle is absoluut wonderlik en dis met ‘n groot trots kan ek sê dat Skye by julle was.

Met baie liefde en groete.

Skye en Riana
Phalaborwa

xxxxxxx

Riana Skye se moeder

Skip to toolbar