Disleksie: Kenmerke, Tipes, Oorsake en Hulp
Wat is disleksie? Is omkerings die enigste kenmerk van disleksie? Hoe lyk disleksie? Hoeveel mense het disleksie? Wat is die emosionele impak van disleksie? Is disleksie ongeneeslik? Wat veroorsaak disleksie? Is disleksie dan nie oorerflik nie? Het Einstein disleksie gehad?
Read MoreDaar ís Hulp vir Disleksie
Mens hoor en lees dikwels dat disleksie ongeneeslik is: “Dyslexia is like alcoholism…it can never be cured." Die siening dat disleksie ongeneeslik is, is die gevolg van ‘n verkeerde aanname dat die brein nie kan verander nie, laat staan nog verbeter. Mense het lank geglo as daar iets verkeerd is met ‘n persoon se brein, daar niks gedoen kan word om dit reg te maak nie...
Read MoreHelp, My Kind Het Disleksie (Deel 5)
Die brein is plasties. Dit kán verander en ontwikkel. Disleksie word dus nie veroorsaak deur ‘n permanente probleem in die brein nie, maar deur die boustene — taal, konsentrasie, prosessering, geheue en logiese denke — wat lees en spel vooraf gaan — wat nog nie ontwikkel en vasgelê is nie.
Read MoreHelp, My Kind Het Disleksie (Deel 4)
Een vaardigheid moet eers vasgelê word voor ons ’n daaropvolgende vaardigheid kan baasraak. Dis soos met ‘n leer opklim: sportjie vir sportjie, anders val jy. Terwyl taalvaardigheid die onderste sportjie van die leesleer is, is kognitiewe vaardighede die volgende een. Daar is ’n hele klomp kognitiewe vaardighede wat onontbeerlik is vir lees en spel.
Read MoreHelp, My Kind Het Disleksie (Deel 2)
Navorsing oor disleksie het natuurlik nie agtergebly nie. Soos lankal vermoed, het fMRI-skanderings bevestig dat daar wel verskille tussen die breine van dislektiese persone en mense wat goed kan lees, bestaan. Die oortuiging dat hierdie breinverskille beperk is tot dislektiese persone (dit is swak lesers met ‘n gemiddelde tot bo-gemiddelde IK), het egter in die slag gebly.
Read MoreHelp, My Kind Het Disleksie (Deel 1)
Daar is min dinge wat by ‘n ouer soveel spanning veroorsaak as ‘n kind wat sukkel met lees, spel en skryf. Terwyl die meerderheid kinders dit maklik tot redelik maklik baasraak, is dit ’n heeltemal ander ervaring vir ten minste een uit elke vyf kinders. Vir hulle is dit so moeilik dat die woord “disleksie” dikwels ingespan word om na hierdie erge gesukkel te verwys.
Read MoreDie Disleksie Debat
Daar word baie gedebatteer of disleksie ‘n lewenslange toestand is wat gediagnoseer moet word, en of dit eintlik maar net ‘n betekenislose beskrywing is wat aangewend word vir persoonlike voordeel, en daarom stopgesit moet word...
Read MoreHelp Kinders met Disleksie in Jou Klas
Dit is laatmiddag en jy sit nog agter jou lessenaar, besig met ’n pak merkwerk wat al ’n week lank vir jou wag. Wanneer jy by Pieter se boek kom, sak jou gemoed. Jy is al raadop met hom wat aanhoudend letters omkeer of sommer weglaat nie – tekens dat hy dalk disleksie het.
Read MoreDisleksie — Artikel in Vrouekeur
Wat het Richard Branson en Tom Cruise in gemeen? Hulle is albei met disleksie gediagnoseer en het nogtans uitgestyg. Die meerderheid mense wat met disleksie sukkel, moet met hierdie leesprobleem se vernietigende sosio-ekonomiese gevolge en emosionele invloed worstel.
Read MoreHoe om Jou Letters in Gelid te Kry: Navorser Ontwerp Program vir Disleksielyers
'n Leermetode wat oor die afgelope dertig jaar deur 'n Suid-Afrikaanse opvoedkundige navorser ontwikkel is, is deesdae besig om wêreldwyd skoolkinders uit die verlammende greep van disleksie te verlos.
Read More