10-Dag Intensiewe Vakansiekursus Verbeter Lees & Leer

Vra jouself ….

  • Het my kind sy hoop om ooit vlot te kan lees verloor?
  • Ly hy aan ‘n swak selfbeeld as gevolg van leerprobleme en/of swak skoolprestasie?
  • Is daar ‘n moontlikheid dat hy hierdie jaar gaan druip?

.
As jy “ja” geantwoord het op enige van die bostaande vrae, is ons 10-dag intensiewe vakansiekursus dalk die antwoord vir jou!

Terwyl daar geen kitsoplossing vir leermislukking en leerprobleme is nie, versnel ons intensiewe vakansiekursusse lees- en leervermoë sodanig dat dit jou kind kan help om ‘n reuse sprong vorentoe te gee!

Resultate — Intensiewe Vakansiekursusse:

Die doel van ons intensiewe vakansiekursusse is om kognitiewe vermoëns te verbeter — konsentrasie, visuele en ouditiewe prosessering, geheue, ensovoorts. Kognitiewe vaardighede word gebruik om kennis te verwerf, en kan beskou word as die mens se gereedskap vir leer.

Verbetering in gefokusde aandag en visuele geheue

‘n Vakansiekursus in Singapoer, aangebied deur Edublox SA

In 2014 het Edublox ‘n intensiewe vakansiekursus in Singapoer aangebied vir 27 leerders tussen die ouderdomme 10 en 12. Die resultaat was ‘n statisties-beduidende verbetering in gefokusde aandag. Gefokusde aandag is die vermoë om op een ding te konsentreer en alle ander dinge wat jou aandag kan aflei, te ignoreer. Hierdie vorm van konsentrasie is beide fisies en geestelilk vermoeiend. Mense met aandaggebreksindroom is bekend daarvoor dat hulle sukkel om op een ding op ‘n slag te fokus. (Lees meer oor hierdie studie.)

In ‘n ander studie het 34 Graad 5, 6 en 7 van ‘n middestad-skool ‘n intensiewe vakansiekursus bygewoon waar hulle visuele geheue en visuele reeksgeheue voor en na die kursus gemeet is. Die resultaat: beide visuele geheue en visuele reeksgeheue het verbeter met 1.5 jaar. (Lees meer oor hierdie studie sowel as die belangrikheid van visuele geheue.)

Verhoging van IK

Terwyl ‘n IK-punt beslis nie die somtotaal van ‘n mens se kognitiewe vermoëns is nie, is dit een maatstaf waarmee sy kognitiewe vermoëns met die algemene populasie s’n vergelyk kan word.

Tien leerders met ernstige leerprobleme is met die Suid-Afrikaanse Intelligensie Skaal getoets, voordat hulle met ‘n intensiewe twee-weke kursus begin het. Elke leerder het 40 ure se individuele onderrig ontvang. Hulle ouderdomme het gewissel van 7 tot 18 jaar.

Die verbetering in verbale, nie-verbale en totale IK was beduidend.

  Voor Na  
       
Verbale IK Sub-toetse      
Woordeskat 7.6 7.9  
Begrip 10.0 10.8  
Verbale Redenering 9.1 10.0  
Probleme 6.3 6.8  
Geheue 8.5 10.5  
Gemiddelde Verbale IK 85.4 91.0 Verbetering beduidend op die 0.001 vlak
       
Nie-Verbale IK Sub-toetse      
Patroonvoltooiing 8.4 8.7  
Blokontwerp 8.2 10.3  
Absurditeite 9.4 9.6  
Vormbord 11.1 15.3  
Gemiddelde Nie-Verbale IK 92.6 105.1 Verbetering beduidend op die 0.001 vlak
       
TOTALE IK PUNT 87.0 97.1 Verbetering beduidend op die 0.001 vlak

.
‘n M.Ed. navordingstudie deur Wynand de Wet het gewys dat ons program IK verhoog in minder as 30 ure en wanneer dit in ‘n groep gebruik word. Hy het ons program vir ‘n groep dowe kinders aangebied; hulle gemiddelde nie-verbale IK het met 11.6 punte in 27.5 ure se onderrig, gegee oor ‘n tydperk, verbeter.

Verbeterde leesvaardighede

Navorsing het bewys dat verhoogde kognitewe vermoëns lei tot verbeterde lees-, spel- en leervaardighede. Terwyl vele leesprogramme verbeterde leesvaardighede aanbied, behaal slegs dié wat in kognitiewe assessering en opleiding gegrond is, blywende resultate.

Vergelyk die voor- en na-toetsresultate van een Graad 4-leerder wat ‘n intensiewe kursus van twee weke bygewoon het, soos gemeet deur ‘n oftalmograaf. Haar relatiewe leesdoeltreffendheidsvlak het met twee jaar en ses maande verbeter! Terwyl nie alle leerders soveel verbeter nie, kan selfs ‘n verbetering van een jaar ‘n kind se lewe verander.

Ophthalmograph

.
Na die intensiewe kursus sal die leerder ideaal voortgaan om weekliks die Edublox-klasse by te woon, of met ons aanlynprogram, waarvan die leesoefening ook in Afrikaans beskikbaar is. 

0 Responses on 10-Dag Intensiewe Vakansiekursus Verbeter Lees & Leer"

Leave a Message

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to toolbar